《Crime Time William Menseregte Volg 2018 03 07.175952》 - 免费馆藏音频

《Crime Time William Menseregte Volg 2018 03 07.175952》 - 免费馆藏音频

作者:NETRADIOSA

1 / 1Crime Time William Menseregte volg 2018-03-07.175952

00:00
00:00
1 章节
  • 1. Crime Time William Menseregte volg 2018-03-07.175952

关于

CRIME TIME 2018-03-07

Goeie naand! Jy kuier saam met William Munnik en dis net so skuins na 18:00 wat beteken dat dit tyd vir Crime Time is waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gee. Ek wil jou ook net herinner dat Netradiosa `n nie-politieke radiostasie is en dat die opinies nie noodwendig die van die radiostasie is nie en dat die omroeper bloot net beriggewing doen. Dit is amptelik herfs en dit beteken ook dat Nuwejaarsdag. Die spesifieke dag waarvan ek praat is 21 Maart 2018 – Menseregte dag. `n Dag wat so belangrik is dat die Regering van ons land dit goed gedink het om menseregte te vier met `n openbare vakansiedag. Menseregte wat elke mens in ons land verwerf deur bloot `n mens te wees en as mens gebore te word. Dit klink idillies. Ja idillies ne, maar net soos in die tuin van Eden, is daar altyd `n paar slange wat willens en wetens en gewetenloos, wetsgehoorsame burgers se menseregte skend deur misdaad te pleeg. Die wette wat grotendeels ons gedrag teenoor mekaar beheer, is die Grondwet waar ons Menseregte in verskans word en die hoogste wet in die land is en dan ook die Strafproseswet waar die meeste kernmisdade in ons land beskryf word soos Moord, roof, verkragting, aanranding, huisbraak en diefstal en diefstal om maar `n paar te noem. Alle ander wette waar `n misdaad daar gestel word is net `n uitbreiding op een van hierdie kern misdade. Ons kan onsself maar verstout deur te se dis die wette wat hoofsaaklik in die Tien Gebooie opgeteken staan. Vandag is die waarheid dat hierdie wette oortree word en dat slegs `n klein persentasie van misdadigers aangekeer en suksesvol deur die stelsel gaan en skuldig bevind word en gevonnis word. Die groot probleem wat hierdie tendens aanblaas, is dat daar hoofsaaklik drie Staatsdepartemente is wat met misdaad en misdadigers werk. Hulle is die Polisie en die Departement van Justisie ( die howe) en Departement Korrektiewe Dienste ( die tronke). Die probleem wat ons egter in die gesig staar, is dat hierdie drie departemente elkeen sy eie mandaat het wat teen mekaar inwerk. So in werklikheid werk die drie Staatsdepartemente teen mekaar. Hierdie besef gaan vir jou `n nuwe lig laat opgaan vir die misdaadvlaag in ons mooi land. Die Polisie se mandaat en werk is om eerstens misdaad te voorkom en om misdaad te ondersoek. Die howe se werk en mandaat is in werklikheid om toe te sien dat mense se regte beskerm word deur middel van die reg en om te sorg dat slagoffers se regte wat geskend is vergoed word en reggestel word. Korrektiewe dienste se werk is om te sorg dat die gevonnisde misdadigers gehuisves word en dat hulle hulle straf uitdien en dat die misdadigers gerehabiliteer word sodat hulle produktiewe burgers van die samelewing kan word. Wat in werklikheid gebeur is dat die Polisie alles in hulle mag doen om misdadigers te arresteer en om hulle uit die samelewing uit te haal en om dan die ondersoek so te doen dat hierdie misdadigers skuldig bevind word en gevonnis kan word sodat hulle kan rehabiliteer. Die howe is weer van mening dat die misdadiger die reg het om vrylik rond te loop en dat hy geregtig is op borg en sal misdadigers net in uiterste gevalle vonnis tot direkte tronkstraf. Departement Korrektiewe dienste is weer van mening dat die tronke te vol is en dat hulle ook eerder die misdadiger op vrye voet wil he en niemand dus eintlik sy volle vonnis uitdien in die tronke nie en dat hulle sommer baie vinnig parool kry en op vrye voet is. Rehabilitasie is daar volgens my mening ook nie in die tronke nie, want sodra die misdadiger uitkom uit die tronk uit, verval hy maar weer baie vinnig terug in die misdaadpatroon. Soos ek al vantevore gese het  jy kan slegs gerehabiliteer word as jy gerehabiliteer wil word. Jy kan nie gedwing word om gerehabiliteer te word nie. Wel jy kan, maar dit gebeur slegs in die Arabiese lande. Dink maar daaraan. As jou hand afgekap word as jy gesteel het, kan jy slegs twee keer in jou lewe steel en dan is jy gerehabiliteer. So is dit vir jou nou meer duidelik hoekom ons land so gebuk gaan onder `n al hoe meer groeiende misdaadsyfer?

Voor ek verder gaan met Menseregte en die Grondwet gaan ek eers breek vir `n musiekbreek en op die draaitafel het ek vir jou vir Bobby van Jaarsfeld met My Alles en Gerhard Steyn en Nadine met Ons 2 en Rihanna en Eminem se Love the way you lie.

Dit was Bobby van Jaarsfeld met My Alles en Gerhard Steyn en Nadine met Ons 2 en Rihanna en Eminem se Love the way you lie. Jy kuier saam met William Munnik op Crime Time waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gee. Dis Maartmaand en dis die maand van menseregte, want ons vier Menseregtedag op 21 Maart. Ek het sopas verduidelik hoe misdaad inbreek maak op die bree publiek se menseregte en hoekom die bree publiek voel dat hulle regte net deur misdadigers geskend word en dat daar nie regtig gepaste reg en geregtigheid teenoor die slagoffer geskied nie.

Daar is egter volgens die Handves van Menseregte `n paar regte wat nie-aantasbaar is. Ek gaan na `n paar van die nie-aantasbare regte kyk.

1

Artikelnommer

2

Opskrif van artikel

3

Mate waarin die reg nie aantasbaar is nie

9

Gelykheid

Met betrekking tot onbillike diskriminasie uitsluitlik

op grond van ras, kleur, etniese of sosiale

herkoms, geslag, godsdiens of taal

10

Menswaardigheid

Geheel en al

11

Lewe

Geheel en al

12

Vryheid en sekerheid van die

persoon

Met betrekking tot subartikels (1)(d) en (e)

en (2)(c)

13

Slawerny, knegskap en

dwangarbeid

Met betrekking tot slawerny en knegskap

28

Kinders

Met betrekking tot:

- subartikel (1)(d) en (e);

- die regte in subparagrawe (i) en (ii) van

subartikel (1)(g); en

- subartikel (1)(i) ten opsigte van kinders van 15

jaar en jonger.

35

Gearresteerde, aangehoue en

beskuldigde persone

Met betrekking tot:

- subartikels (1)(a), (b) en (c) en (2)(d);

- die regte in paragrawe (a) tot (o) van subartikel

(3), uitgesonderd paragraaf (d);

- subartikel (4); en

- subartikel (5) ten opsigte van die uitsluiting

van getuienis indien toelating van daardie

getuienis die verhoor onbillik sou maak.

Ek gaan by `n paar van hierdie regte stilstaan en bespreek. Voor ek dit gaan doen gaan ek weer vir `n musiekbreek en gaan vir jou vir Martin Garrix se Animals en The Awakening se Sounds of Silence en Imagine Dragons se Thunder speel.

Dit was Martin Garrix se Animals en The Awakening se Sounds of Silence en Imagine Dragons se Thunder en ek is William Munnik met Crime Time waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gee. Vanaand praat ek met jou oor die Grondwet en Menseregte aangesien die hele land Menseregtedag gaan vier op 21 Maart. Voor die breek het ek sekere nie-aantasbare regte genoem. Ek gaan nou so `n paar van hulle bespreek.

Art. 9. Die reg op Gelykheid.

Die Grondwet se dat elke lid van die publiek die reg tot gelykheid het aangande onbillikke diskriminasie uitsluitlik gegrond op ras, kleur, etniese of sosiale herkoms, geslag, godsdiens of taal. Die vraag is egter of hierdie mensereg werklik nie-aantasbaar is. Die antwoord is `n verbysterende nee. Nee hierdie reg kan aangetas word deur die einste regering wie verkies is deur die massas. Dit klink onmoontlik, maar dit is so. In die Grondwet is daar `n artikel wat die meeste mense verby lees en dit is eintlik `n baie gevaarlike artikel. Dit is Art. 36. Art. 36 is die algemene regsgeldende reel, wat beteken dat as daar `n regsgeldende reel is soos dat `n polisiebeampte jou kan arresteer ingevolge die Polisiewet of volgens die Strafproseswet, hy jou reg op Vryheid wettig kan skend. Jy moet hier baie mooi luister en onthou date k praat van die wettige skending van jou regte. Al wat die regering moet doen, is om te se dat daar wettig teen jou gediskrimineer kan word aangaande jou ras of geslag wanneer dit kom by werk of die verkryging van lenings ens. Daar is werklik so `n reel waar daar wettig teen jou gediskrimineer kan word aangaande jou ras of geslag ens. Ons ken hierdie wettige diskriminasie as Regstellende aksie. Regstellende aksie se dat Swart mans en vroue eerste oorweeg moet word wanneer daar vakatures beskikbaar raak by `n organisasie of wanneer daar na bevorderings gekyk word. Blanke mans en vroue beklee nou die laagste rang op die Regstellende aksie leer. So jou aanstelling en bevordering kan goedgekeer of afgekeer word as gevolg van jou ras of geslag. Ons het nou al so gewoond geraak daaraan dat dit jy dit nie eers meer pla nie en jy aanvaar dit nou maar gelate. Dit is wettig, maar volgens my nie regverdig nie. Al wat die regering gedoen het is om die diskriminasie wettig te maak.

Art. 11 Die reg tot lewe.

Hierdie reg is die reg in ons wet wat die toediening van die doodstraf ongrondwetlik maak. Hierdie reg het die doodstraf heeltemal afgeskaf in ons mooi land. Dit is ook die rede dat ongeag hoeveel versoekskrifte en betogings die landsburgers kan hou, die doodstraf iets van die verlede is. Daar is verskeie redenasies vir en teen die doodstraf. Een groep sal se dat die doodstraf misdaad bekamp het. Veral ernstige geweldsmisdaad soos moord en verkragting waar jy die doodstraf opgele souk on word in die verlede as jy skuldig bevind sou word aan moord of verkragting. Die ander groep sal net weer die teenoorgestelde se. Hulle sal ook verder aanvoer dat foute gemaak word deur landdroste en regters en onskuldige mense skuldig kan bevind en ter dood veroordeel. Jy kan altyd `n vonnis van tronkstraf verander as die persoon later op nuwe feite onskuldig bevind sou word, maar as hy reeds ter dood veroordeel is, kan jy dit nie regstel nie. Al wat ek kan se is dat die moord en verkragtingsyfers drasties toegeneem het nadat die doodstraf afgeskaf is.

Is hierdie reg wel nie-aantasbaar? Volgens die Grondwet en Handves van Menseregte is dit, maar in werklikheid is dit wel aantasbaar. So nou gaan jy my vra. Kan dit waar wees? Kan `n mens dan nog wettig gedood word in ons land en die antwoord is Ja. Ja `n mens kan wettig gedood word in ons land en dus kan sy reg tot lewe hom wettig ontneem word. Nou hoe gebeur dit? Eintlik baie maklik. Jy as landsburger het die reg op lewe en om jouself te beskerm. Jy het die reg om jou eie lewe en die lewens van jou mede-landburgers en familie te beskerm. Soos byvoorbeeld. Jy is in jou huis besig om te slaap of om TV te kyk ens en `n misdadiger of misdadigers dring jou huis binne en bedreig jou lewe en / of die lewens van jou gesin, dan het jy die reg om jou reg tot lewe en jou gesin se reg tot lewe te beskerm en kan jy jouself verdedig teen die aanval en as jy in die proses jou aanvaller of aanvallers dood, sou dit geag word as straffelose doodslag. Jy moet egter onthou dat jy wel gearresteer gaan word en dat die polisie `n ondersoek sal hou en dat jy dan later `n hof sal moet oortuig dat jy geen ander keuse gelaat is as om jou aanvallers te dood nie om die aanval af te weer nie. Dit gaan `n lang senutergende proses wees, maar net een manier hoe die reg tot lewe wel wettig aangetas kan word. Jy moet onthou jy het die reg om jouself te verdedig. Daarom is dit belangrik om jouself en jou gesin te bemagtig deur een of ander gevegskuns te beoefen of om n selfverdedigingskursus te deurloop. Hier waar ek bly, gee ek van tyd tot tyd soos die behoefte hom voordoen gratis selfverdedigingsklasse aan die publiek. Iets om aan te dink veral in die afgelee landelike areas waar plaasaanvalle en plaasmoorde nou handuit ruk.

Is dit moontlik om die doodstraf terug te bring? Sal dit ooit gebeur? Voor ek daardie vraag beantwoord, gaan ek weer vir `n musiekbreek en speel vir jou vir Akon met Gunshot en Taylor Swift met Bad Blood.

Dit was Akon met Gunshot en Taylor Swift met Bad Blood en jy kuier saam met William Munnik op Crime Time waar ek vir jou `n blik op die misdaadwereld gee. Ek praat vanaand met jou oor die Grondwet en die handves van Menseregte aangesien die Menseregte maand is en ons as `n volk Menseregtedag op 21 Maart vier. Voor die breek het ek met jou gepraat oor nie-aantasbare regte wat in werklikheid nie so nie-aantasbaar is nie. Ek het toe in diepte met jou die reg op gelykheid en die reg op lewe bespreek. Ek het ook die vraag of dit moontlik is om die doodstraf terug te bring. Die antwoord is egter ja. Dit is moontlik om die doodstraf terug te bring, maar nie soos die Grondwet tans daaruit sien nie. Nou hoe dan? Hoe kry `n mens so iets reg. Weld is so moeilik en so maklik as om die Grondwet te verander. Nou hoe doen `n mens dit? Dis ook net so maklik en ter selfder tyd ook so moeilik. Om dit reg te kry moet die party wie dit wil verander, `n twee derde meerderheid in die Parlement he. Die verandering moet dan ter tafel gele word en dit moet dan in die Parlement bespreek word en die wetgewing moet dan verander word as twee derdes daarvoor stem. Sal dit ooit gebeur? Ja dit sal. Dit is tans besig om te gebeur deurdat die regerende party die reg om eiendom te besit wil verander sodat eiendom sonder vergoeding gevat kan word. Ons lewe in interessante tye. Maar ja die Grondwet kan verander word.

Daar is egter net een ding wat in die Grondwet verander kan word in my opinie om misdaad te laat daal in ons land. Die verandering is eenvoudig en niks hoef weggeneem te word uit die Grondwet nie. Daar moet eintlik net iets bygeskryf word en dit is dat elke wetsgehoorsame landsburger Menseregte het en dat die oomblik wat jy skuldig bevind word in `n hof, jy jou Menseregte verbeur totdat jy jou boete betaal het of jou vonnis uitgedien het. Dit beteken dat solank as wat jy nog nie skuldig bevind is nie, is jy geregtig op al jou regte, maar sodra die landdros of Regter gese het dat jy skuldig is, jy outomaties jou regte verbeur totdat jy jou boete betaal het of vonnis uitgedien het, sal baie minder mense misdaad pleeg, want dit sal veroorsaak dat sodra die landdros jou skuldig bevind het van `n misdaad, jy nie meer die reg tot gelykheid of kos of klere of selfs die reg op lewe het nie. Dit beteken dat as jy tronk toe gaan, jy nie hoef kos of klere of `n bed of enigiets van die staat te kry nie. Geen mens, hoe gehard ookal sal so wil leef nie. Dit maak dan ook die deur oop vir `n landdros om nou weer die doodstraf op te le aangesien die beskuldigde nou geen regte het nie. Dis iets om oor te dink.

Op daardie noot gaan ek tot siens se tot Saterdag waar ek om 08:00 vir jou gaan help om jou week en naweek se ontspanningsaktiwiteite te beplan. Net hierna is DR Tienie Eiliers met Oordenking. Ek gaan uitspeel met Ciara se Paint it black. Tot Siens tot `n volgende keer.