Archive

CRIME TIME DAGGA IS WETTIG WILLIAM 2018 10 03.180006 cover

CRIME TIME DAGGA IS WETTIG WILLIAM 2018 10 03.180006

1 - CRIME TIME DAGGA IS WETTIG WILLIAM2018-10-03.180006

00:00
00:00
SPONSORED AD

Author: NETRADIOSA

CRIME TIME: DAGGA IS WETTIG UITSPRAAK:

Goeie naand! Dis so net na 18:00 en Trevor Nasser se Vyfster se vir jou dat dit tyd is vir Crime Time waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gee en ek is William Munnik. Ek hoop jy het `n misdaadvrye week gehad. Daar het so baie plaasgevind die afgelope tyd. Die 18de September het die wettiging van dagga gesien. Wie sou nou dit kon gedroom het. Dagga vir persoonlike gebruik is nou wettig vir volwassenes. Die hele land is ayrie en so kalm soos `n daggawalm. Die wettiging van dagga het verskeie en uiteenlopende reaksies gehad. Ek self het gemengde gevoelens daaroor gehad en het nog steeds. Dit kan sosiale nagevolge he soos meer gebruikers en dat dit makliker bekombaar is, maar ek is ook bly vir diegene wat dagga nou makliker in die hande kan kry om hulle mediese kondisies te behandel. Dit het ook baie vrae laat ontstaan. Selfs die Minister van wet en orde sy eerbare Minister Bheki Cele was selfs verward oor wat hy nou moes doen. Kan die polisie jou nog arresteer. Wanneer kan hulle en hoeveel dagga is genoeg vir eie gebruik en hoeveel is nie. Mag ek my dagga vervoer ens. Dis alles vrae wat ek gaan probeer beantwoord na die musiekbreek. Ek speel vir jou vir UB 40 met Legalise it en Eddie Grant met Do You feel my love.

Dit was UB40 met Legalise it en Eddie Grant met Do you feel my love en ek is William Munnik met Crime Time waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gee. Voor die musiekbreek het ek gepraat oor dagga wat nou wettig is vir eie gebruik by jou huis as gevolg van die Grondwetlike hof se uitspraak op 18 September 2018. Sosiale media is oorval met dagga grappies soveel so dat mense moeg geraak het daarvoor. So kom ek gaan kyk na wat die uitspraak werklik se en wat die implikasies daarvan gaan of kan wees.

AGTERGROND:

  1. Op 18 September 2018 het die Grondwetlike hof `n uitspraak gemaak dat Art. 4(b) en Art. 5(b) van wet 140 van 1992 die wet op Dwelms en Dwelmhandel gelees met deel 3 of schedule 2 van Art. 22a(9)(a)(l) van die Medisyne en verwante Middels beheer wet Wet 101 van 1965, nie strook met die reg op Privaatheid ingevolge die Grondwet nie soveel so dat hierdie wette die gebruik en besit en verbouing in `n privaat plek of deur `n volwassene vir eie gebruik in sy privaatheid kriminaliseer.

  2. Die hof het verklaar dat vanaf 18 September 2018 die voorskrifte van Art 5(b) van wet 140 van 1992 die Dwelm en Dwelmhandelwet, gelees met Deel 3 van schedule 2 van daardie wet en met die definisie van die frase “ Handeldryf in” in Art 1 van die wet nie strook met die reg tot privaatheid ingevolge Art 14 van die Grondwet nie en dus Ongrondwetlik is soveel so dat dit die verbouing van dagga deur `n volwassene in sy privaat perseel vir sy persoonlike gebruik verbied.

  3. Die werking van die bepalings van paragraaf 5 en 6 gestuit is en dat die Staat 24 maande het om die tekortkominge in die wet reg te stel vanaf die datum van 18 September 2018.

  4. Die Hof het verder beveel dat die bepalings van Art 4(b) van wet 140 van 1992 die dwelm en Dwelmhandel wet gedurende die tyd van opskorting gelees moet word met `n nuwe subartikel VII wat soos volg lui:

In die geval waar die middel Dagga is en dit `n volwassene is en dit gebruik of besit vir eie gebruik is. Dus het die hof `n nuwe uitsondering geskep waar jy as volwassene in jou eie privaat woning vir eie gebruik dagga mag besit en gebruik.

  1. Die Hof het verder beveel dat die frase “ om handel te dryf in” ingevolge Art 1 van wet 140 van 1992 die wet op dwelms en dwelmhandel soos volg moet lees:

“Handel dryf in” ingevolge enige dwelm enige taak verrig in die verskuif of verskeep, invoer, verbouing van, anders as verbouing deur `n volwassene in `n privaat plek vir persoonlike gebruik, versamel, maak, verskaf, voorskryf, administreer, verkoop, uitvoer van die dwelm.

  1. Die bepalings wat nou nut bygevoeg is, sal wegval sodra die Parlement die bepalings verander het. As die Parlement in gebreke bly om die wet binne die 24 maande te verander, sal die nuwe bepalings permanent word.

SO WAT BETEKEN DIT IN PRAKTYK?

Voordat ek gaan kyk na wat dit in praktyk beteken, gaan ek jou weer trakteer met musiek. Ek speel vir jou vir UB40 met Every step you take en Food for thought en Bob Marley met Buffalo Soldier.

Dit was UB40 met Every step you take en Food for thought en Bob Marley met Buffalo Soldier en ek is William Munnik met Crime Time waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gee. By die tyd voel jy nou al lekker ayrie. Voor die breek het ek gekyk na hoe die wet verander het na aanleiding van die Grondwetlike hof se uitspraak. Nou kom ek gaan kyk wat die implikasies van hierdie uitspraak gaan wees.

  1. Volgens die uitspraak bly handel in dagga onwettig en strafbaar, maar die verbouing daarvan deur `n volwassene in sy privaat perseel, nou wettig is.

  2. Die besit en persoonlike gebruik van dagga deur `n volwasse persoon in die privaatheid van sy eie huis nou wettig is.

  3. Die Grondwetlike hof het egter nie die hoeveelheid dagga vir eie gebruik vasgestel nie. Die Parlement sal dit in die wetgewing moet aanspreek.

  4. `n Lid van die SAPD moet nou sy eie diskressie gebruik of die hoeveelheid dagga wat hy by `n persoon kry, vir eie gebruik is of nie.

  5. Wanneer daar twyfel is of die dagga vir eie gebruik is, moet die polisiebeampte nie die persoon arresteer nie.

  6. Die uitspraak wettig net die besit of gebruik of verbouing van dagga deur `n volwassene in sy eie huis.

So jy kan maar dagga besit en rook en plant by jou eie huis. Is dit `n goeie ding? Net tyd sal wys. Die gevolg was dat dagga se straatwaarde nou niks is nie. Die mense wie dagga wou rook, het dit in alle geval gedoen. Geen wet het hulle gekeer nie. Diegene wie dit wil rook, gaan nou maar sy eie daggaboompie of tien plant en self oes, so die smokkelaars gaan binnekort nie meer `n mark he vir hulle dagga nie. So dagga se waarde is letterlik niks. Dagga is wel `n begin vir harder dwelms, maar soos ek vroeer gese het, het dit nog nooit iemand gekeer om dit te gebruik nie en net so is sigarette die begin van die misbruik van harder dwelms. Die skelm adrenalien rush wat jy gekry het wanneer jy stout was en dagga gerook het is ook nou weg, want dis wettig.

Die ander kant is ook waar. Diegene wie dagga nodig het om hulle mediese kondisies te behandel, kan dit nou makliker in die hande kry. Dagga kan verskeie mediese kondisies behandel. Dagga kan naarheid verminder wanneer `n persoon chemoterapie kry en dit kan die aptyt van `n persoon wie HIV het verhoog en kan chroniese pyn en spierspasmas verlig om maar `n paar te noem. Dit kan ook Multiple Sklerose en epilepsie en bewegingssiektes se effekte verbeter. Daar is ook studies wat toon dat posttraumatiese stress daarmee behandel kan word. So alles is nie so erg soos baie mense dink nie.

Op daardie noot is dit weer tyd vir `n musiekbreek en ek speel vir jou vir Eddie Grant met I don’t wanna dance en UB 40 met Many rivers to cross en Lucky Dube met I`ve got you babe.

Dit was Eddie Grant met I don’t wanna dance en UB 40 met Many rivers to cross en Lucky Dube met I`ve got you babe en ek is William Munnik met Crime Time waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gee.

Op daardie noot is dit tyd om totsiens te se. Bly veilig tot Saterdag om 08:00 met Wat Nou waar ek jou gaan help om jou week en naweek se ontspanningsaktiwiteite te beplan en weer volgende Woensdag om 18:00 met Crime Time waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gaan gee. Ek speel uit met UB 40 se Sing our own song.

Die Share-Taste ist komplett kostenlos

SPONSORED AD